Não gostou? Não há problema! Pode devolver no prazo de 30 dias
Não há como errar com um vale de oferta. O presenteado pode escolher qualquer produto da nossa oferta.
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wereldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag. Ivy, die jongste, wil 'n onbevange lewe h 'n ander werklikheid waar sy kan liefh wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry. Sophi staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af. Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens. Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien. Waar Domenico Valente, 'n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf. Gerda Taljaard se Vier susters is 'n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.