Não gostou? Não há problema! Pode devolver os artigos até 30 dias
Não há como errar com um vale de oferta. O presenteado pode escolher qualquer produto da nossa oferta.
My stryd teen die seksbedryf en mensehandel om God se dogters te red. Emma van der Walt is 'n pastor, 'n ma en eggenoot, en 'n vrou met 'n hart vir God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to love. Daagliks betree hulle die donker wereld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding 'n nuwe begin gebied. Emma en haar span werk sy-aan-sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop. Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.